Ongeveer 60% van die Suid-Afrikaanse regering se begroting word tans aan die betaling van maatskaplike toelae bestee. President Cyril Ramaphosa het in sy weeklike nuusbrief gesê net meer as 11 miljoen huishoudings ontvang tans gratis basiese dienste wat krag, water en sanitasie insluit. Maroela Media berig dat 50 miljoen Suid-Afrikaners nie in die stadium private gesondheidsorg het nie en die diens van die staat ontvang. Basiese onderwys word aan meer as 13 miljoen leerders verskaf, waarvan baie van die kinders gratis skoolgaan. Ramaphosa het gesê volgens ‘n verslag van die Wereldbank speel Suid-Afrika se stelsels ‘n kritieke rol in die versagting van armoede. Ramaphosa het gesê die geld wat aan maatskaplike beskerming bestee word, word nie vermors nie. Hy het gesê maatskaplike ondersteuning is ‘n belegging in Suid-Afrika se mense terwyl die regering werk daaraan om die ekonomie te herbou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×