Die Franse polisie het teen Saterdag al meer as 1300 mense in hegtenis geneem tydens geweldadige betogings landwyd nadat ‘n polisiebeampte ‘n tiener doodgeskiet het. AFP berig daar is tans sowat 45 000 polisiebeamptes reg deur die land ontplooi om die geweld, plundering en brandstigting te probeer keer. Die 17-jarige Nahel Merzouk is Dinsdag deur ‘n polisiebeampte doodgeskiet toe hy versuim het om by ‘n padblokkade stil te hou. Meer as 500 strukture is al beskadig, 2000 voertuie is aan die brand gesteek en meer as 3800 brande is regoor Frankryk gestig. Volgens BBC News is daar ook op polisie in Parys en die Rhône streek geskiet. Meer as 200 polisielede is beseer. ‘n Vuurwapen-winkel is in Marsailles geplunder. Die seun se ma, wat van Algeriese afkoms is, woon in Nanterre, ‘n voorstad van Parys, wat die tuiste van talle immigrante is. Nahel is gister daar begrawe.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×