Meer as 20 000 Afrikaners het reeds by die Suid-Afrikaanse Sakekamer in Amerika navraag gedoen oor president Donald Trump se aanbod vir vlugtelingstatus.

Die president van die sakekamer, Niel Diamond, het vanuit Atlanta aan Netwerk24 gesê die volumes is tans te veel vir hulle om te hanteer.

Hy waarsku dat Afrikaners nie nou bloot net in Amerika as vlugtelinge kan opdaag nie, aangsien heelwat dokumentasie benodig word.

Die navraag kom nadat Trump die die naweek besluit het om ekonomiese hulp aan Suid-Afrika te staak. Sy uitvoerende bevel prioritiseer onder meer humanitêre hulpverlening, insluitend die toelating en hervestiging van Suid-Afrikaners wat slagoffers van onregverdige rassediskriminasie is.

Trump het sy ontsteltenis uitgespreek na President Cyril Ramaphosa onlangs die onteieningswet onderteken het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×