Meer as 20 000 mense is in hegtenis geneem of beboet sedert die land na Vlak Drie geskuif het

 Meer as 20 000 mense is in hegtenis geneem of beboet sedert die land na Vlak Drie geskuif het

Die Minister van Polisie, Bheki Cele sê het ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om die aangepaste Vlak Drie inperkingsregulasies na te kom.
Hy sê meer as 20 000 mense is in hegtenis geneem of beboet sedert die land op 29 Desember na Vlak Drie geskuif het.
7 455 mense is in hegtenis geneem omdat hulle nie in die openbaar gesigmaskers gedra het nie.
Intussen is meer as 800 mense in hegtenis geneem vir die verkoop, verspreiding of vervoer van alkohol. Cele het beklemtoon dat wetstoepassers dit nie geniet om burgers in hegtenis te neem vir die oortreding van inperkingsregulasies nie, maar sê dat dit noodsaaklik is om lewens te red.
Sedert die begin van die nasionale inperking in Maart verelde jaar is meer as 342 000 mense in hegtenis geneem vir die oortreding van die wet op Rampbestuur.

LeandreAdmin@