Meer as 20 mense is in hegtenis geneem vir openbare geweld ná betogings in Khotsong, Bothaville.

Rosestad-nuus het vroeër berig dat ontevrede gemeenskapslede Woensdag bymekaargekom het vir ’n optog na die Nala Munisipaliteit se kantore.

Hulle wou ’n memorandum oorhandig nadat ’n vergadering wat vir Vrydag beplan was, gekanselleer is.

SABC News berig gemeenskapslede wil hê die leierskap in die munisipaliteit moet uittree en die raad moet ontbind. Hulle eis beter dienste.

Luidens die nuutste polisieverklaring bly twintig verdagtes in polisie-aanhouding, terwyl ’n minderjarige aan ouerlike sorg oorhandig is.

Hulle staan tereg op verskeie aanklagte, insluitend openbare geweld, belemmering, beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur en opsetlike saakbeskadiging.

Skole in Khotsong bly gesluit. Die polisie monitor die situasie om orde te handhaaf.

error: Inhoud is beskerm !!