Die Onafhanklike Verkiesingskommissie, of OVK, het gesê hulle het gister meer as 20-duisend kiesers op die eerste dag van registrasie aangeteken. Die OVK het 23-duisend stemlokale regoor die land geopen as deel van sy kiesersregistrasie. Volgens die OVK het hulle meer as seweduisend nuwe registrasies aangeteken.
Die kommissie sê die sukses van dag een bewys dat Suid-Afrikaners besig bly met die sake van die land. Hierdie naweek is die laaste kiesersregistrasie by stemlokale. INTUSSEN, het die OVK verder ontwrigtings by agt registrasie lokale in KwaZulu-Natal aangemeld. Die stemlokale wat geraak is, was in Camperdown, Richmond, Pietermaritzburg, Ulundi en Richardsbaai. In ‘n voorval in Pietermaritzburg het die polisie ‘n verdagte gearresteer omdat hy na bewering kiesersbestuurtoerusting van ‘n kiesbeampte gesteel het. Die polisie het die toestelle teruggevind. Die registrasie lokale sluit vanmiddag om vyfuur.