Die Departement van Basiese Onderwys het die volgende vase van hul indiensnemingsinisiatief bekendgestel, wat meer as 200 000 poste vir onderwys- en algemene skoolassistente in openbare skole beskikbaar stel.
Volgens SABC News sal dit ook die daaglikse werkslading van onderwysers verlig.
IOL berig hierdie kontrakposte is bedoel vir werklose jeugdiges tussen 18 en 34 jaar oud en vorm deel van die Presidensiële Indiensnemingstimulus om jeugwerkloosheid aan te spreek.
Die dienskontrakte duur ses maande, met ’n maandelikse toelaag van R4 000 en R30 vir data.
Jongmense word aangemoedig om aansoek te doen, aangesien die ervaring hul loopbaangeleenthede kan bevorder.
Aansoeke is nou oop.