Meer as 2000 nuwe Covid-19-gevalle aangemeld

Die getal Covid-19-infeksies het in die afgelope 24 uur in Suid-Afrika vir die vierde agtereenvolgende dag met meer as 2000 gestyg.

In sy jongste verslag sê die departement van Gesondheid 2 191 nuwe gevalle is sedert die vorige verslagtydperd aangemeld, in dieselfde tydperk is 37 sterftes weens Covid-19-verwante oorsake, ook bevestig.

Van die jongste sterftes was 21 in Gauteng, 7 elk in die Noord-Kaap en KwaZulu-Natal en 2 in die Vrystaat.

Luidens berigte het die departement intussen gesê daar is 4 gevalle van die Indiese variant van die coronavirus in Suid-Afrika gediagnoseer.

Luister na potgooie hieronder