Meer as 23 mense is tot dusver op N1 naby Bloemfontein oorlede. Die Vrystaatse premier, Macqueen Letsoha-Mathae, is na ‘n maand verlof weer in aksie en is besig om wetstoepassing te verskerp.
SABC News berig sy het ‘n padveiligheidsveldtog op dié Vrystaatse-pad gelei. Meer as 50 mense is inhegtenis geneem omdat hulle nie permitte gehad het nie, hul voertuie nie padwaardig is nie, en sommige het versuim om die vereiste dokumente voor te lê.
In totaal is daar oor die 100 mense verskeie redes in hegtenis geneem. Die Vrystaatse LUR vir gemeenskapspaaie en veiligheid, Jabu Mbalula, sê ongelukke wat sedert die begin van die feesseisoen plaasgevind het, was weens moegheid en nalatigheid.