Die Minister van Vervoer, Barbara Creecy, het haar kommer uitgespreek oor die hoë aantal voetgangersterftes in padongelukke.
Eyewitness News berig dat sedert die begin van Desember meer as 250 voetgangers in sulke ongelukke gesterf het.
Baie van hierdie sterftes het plaasgevind in stadsgebiede, waar voetgangers groot paaie oorsteek, veral in die aand.
Creecy het gesê dat verkeersbeamptes vanaf hierdie week in sekondêre paaie regoor die land gemobiliseer sal word om wetstoepassing te verbeter en mense wat mobiele toepassings gebruik om verkeersoperasies te vermy, te vang.