Meer as 30 Korrektiewe Dienstebeamptes is aan Covid-19 dood

 Meer as 30 Korrektiewe Dienstebeamptes is aan Covid-19 dood

Die minister van Polisie, Bheki Cele, het bevestig dat 31 Korrektiewe Dienste beamptes en 15 gevangenes weens Covid-19 gesterf het.

Tydens ‘n justisie-, misdaadvoorkoming- en sekuriteitsgroep-inligtingsessie het Cele gesê die departement het bykans 3 700 bevestigde gevalle in sommige van sy fasiliteite aangeteken, met 2 235 mense wat herstel het.

Hy het ook bevestig dat 6 128 gevangenes vrygelaat is as deel van die parool-kwytskeldingreëling wat vroeër vanjaar deur president Cyril Ramaphosa aangekondig is.

LeandreAdmin@