Twee-en-dertig Suid-Afrikaners is uit mensehandel gered, ná hul onder valse voorwendsels van werk na Thailand gelok is.

Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê ʼn repatriasieproses om hulle tuis te kry is tans aan die gang.

Volgens Phiri is hulle is met geweld van Thailand na Mianmar verskuif waar hulle glo gedwing is om teen hul wil aan ʼn swendelary deel te neem.

Hy voeg by hierdie is nog ʼn voorbeeld wat die dringende behoefte aan globale samewerking beklemtoon om mensehandel te stop en ondersteuning aan die slagoffers van mensehandel te bied.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×