Meer as ‘n derde van die geregistreerde kiesers in die land voel dat geen politieke party werklik hul sienings of oortuigings verteenwoordig nie. Volgens die marknavorsingsfirma, Ipsos, sal dit waarskynlik vir kiesers moeilik maak om te besluit agter watter party hulle hul kruisies vandag wil trek.
Maroela Media berig die peiling dui verder aan dat alhoewel stoere ondersteunders van die drie grootste partye in die land baie vertroue in hul keuses het, die breër bevolking se vertroue in hierdie partye baie laag is. Dit blyk dat kiesers ook weinig vertroue in die land se politieke leiers het.