Meer as 3700 nuwe covid-19 gevalle

3749 nuwe gevalle van die coronavirus in die jongste verslagtydperk aangemeld volgens die minister van Gesondheid, Zweli Mkhize.  Suid-Afrika nader nou die een en ‘n half miljoen kerf, met 1,470 515 gevalle van die virus wat sedert die aanvang van die virus in Maart verlede jaar aangemeld is. Die totale dodetal het tot 45 902 gestyg nadat 297 sterftes in die jongste verslagperiode aangemeld is. Die herstelkoers is 90,8%.

Luister na potgooie hieronder