Meer as 40 ape is op los in ‘n klein Amerikaanse dorp nadat hulle uit ‘n navorsingsfasiliteit van Alpha Genesis ontsnap het.
CBS News berig die plaaslike polisie in Yemassee, Suid-Carolina, het inwoners aangesê om hulle deure en vensters toe te hou.
Die rhesus-makakke is beskryf as “senuweeagtig.”
Die diere het die dag tevore ontsnap en soekspanne is ingespan om hulle op te spoor.