Daar is 41 leerlinge by Pelonomi Hospitaal met maagkrampe, wat almal glo van Ihobe Laerskool in Bloemfontein afkomstig is, met een kind wat reeds in die hospitaal opgeneem is.

Woordvoerder vir die Vrystaatse Gesondheidsdepartement, Mondli Mvambi, sê in ‘n mediaverklaring hulle het by die hospitaal opgedaag met maagkrampe glo nadat hulle sjokolade geëet het.

Hierdie kinders ontvang tans mediese sorg, maar daar is geen braking en/of diarree nie.

Drie kinders is ook in Bongani Streekhospitaal in Welkom opgeneem. Twee van hulle is reeds ontslaan, terwyl ‘n seuntjie nog verdere behandeling ontvang.

Enige opdaterings sal uitgereik word sodra dit beskikbaar is.

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×