Meer as 400 kinders van Zimbabwe is die afgelope naweek waarskynlik uit die kloue van mensehandel gered.
Die kinders, almal jonger as agt, was in 42 busse wat Suid-Afrika by die Beitbrug-grenspos in Limpopo wou oorsteek.
Die onwettige vervoer van die kinders het aan die lig gekom toe die Grensbestuursowerheid, tesame met ander wetstoepassers, ‘n spesiale klopjag by Beitbrug uitgevoer het.
Michael Masiapato, bevelvoerder van die grenswag, het gesê al die kinders het sonder ouers of voogde in die busse gereis.
Die kinders is intussen aan owerhede in Zimbabwe oorhandig.