Meer as 47-duisend misdadigers is sedert 2017 vrygelaat sonder dat DNS-monsters by hulle geneem en gestoor is

Daar word berig dat meer as 47,000 misdadigers sedert 2017 vrygelaat is sonder dat DNS-monsters by hulle geneem en gestoor is op die nasionale databasis. Volgens Netwerk24 kon dit egter verhoed gewees het, sou die Minister van Polisie, Beki Cele, ‘n konsepwet by die parlement ingedien het.  Die DNS-profiele sou die polisie in staat stel om in die toekoms dadelik misdadigers te identifiseer as hulle weer misdade pleeg.  Die konsepwet is opgestel wat stipuleer dat misdadigers se DNS-monsters met of sonder hulle toestemming geneem kan word. Cele se verweer is, dat hy nie die konsepwet ingedien het nie omdat hy eerder ‘n ambisieuse plan wil implimenteer wat alle landsburgers verplig om DNS-monsters te verskaf.  Cele het ook gesê dat Binnelands Sake verantwoordelik is om die wet te ontwikkel, en dat dit nie deur die SAPD gedoen kan word nie.

Luister na potgooie hieronder