Meer as 490 dronkbestuurders is sedert 1 Desember op die Mpumalanga-paaie in hegtenis geneem.

Dit is deur die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Sekuriteit en Samewerking, Jackie Macie, tydens ’n feesseisoen-padveiligheidsveldtog in Komatipoort bekend gemaak.

SABC News berig die aantal voertuie op die paaie is tans laer in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar.

Meer as 100 000 voertuie is reeds op Mpumalanga-paaie gestop en deursoek. Die meeste motoriste wat gestop is, blyk aan verkeersreëls te voldoen.

Volgens die LUR is daar ook minder sterftes in die provinsie as verlede jaar aangemeld.

 

Macie sê hulle vaar relatief goed vanaf 1 Januarie tot op hede. Hulle het meer as 100 000 motors gestop, oor 18 000 boetes uitgereik en meer as 490 dronkbestuurders in hegtenis geneem.

Hulle is tevrede met hierdie resultate.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×