Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het sedert 17 Desember, meer as 50 000 verdagtes in hegtenis geneem.
Gedurende hierdie tydperk is daar onder meer beslag gelê op nagenoeg 267 ongelisensieerde vuurwapens, en 197 gesteelde voertuie is deur die polisiediens opgespoor.
Polisiewoordvoerder, brigadier Athlenda Mathe, sê Operasie Shanela het nou landwyd tot meer as 314 000 inhegtenisnemings gelei.
Operasie Shanela is amptelik in Mei verlede jaar van stapel gestuur.