Meer as 50 mense is dood in by ‘n godsdienstige byeenkoms in die noorde van Indië.
BBC nuus berig amptenare sê ‘n stormloop het plaasgevind ná ‘n preek by ‘n satang – oftewel ‘n Hindoe-godsdienstige seremonie. ’n Ooggetuie, wat anoniem wil bly, sê die chaos het oënskynlik skielik uitgebreek, met mense wat geskree en op mekaar geval het.
Die distrikslanddros van Hathras – die gebied waar die tragedie plaasgevind het – sê ‘n syfer van byna 50 tot 60 sterftes is deur dokters aangemeld. Baie mense hoop steeds om familielede te identifiseer.