Die jongste misdaadstatistieke het getoon dat byna sesduisend-200 mense in drie
maande vermoor is. Dit is net meer as tweeduisend mense wat per maand in Suid-Afrika
vermoor word, wat meer as 500 mense per week is.
Vier van die nege provinsies in die land
het ook toenames in moordsake aangeteken. Die statistieke het ook aan die lig gebring dat
die polisie meer as 153-duisend-637 kontakmisdaadsake tussen April en Junie aangeteken
het, ‘n algehele toename van twee-komma-ses persent.