Meer as 6 000 mense wat Suid-Afrika onwettig wou binnekom of verlaat, is in die 10 dae voor die Paastyd in hegtenis geneem.

Netwerk24 berig dit is volgens die Grensbestuurowerheid (GBO) se kommissaris, Michael Masiapato, ‘n toename van 61% in vergelykig met die meer as 3800 mense wat verlede jaar die tyd onderskep is.

Masiapato sê amper 4 800 van die mense is ongedokumenteerd en net oor die 400 is aangekeer weens vervalste visums of die versuim om geelkoorssertifikate te toon.

Hy voeg by die toename in inhegtenisnemings kan aan die ontplooiing van hommeltuie en die gebruik van lyfkameras deur GBO-amptenare toegeskryf word.

error: Inhoud is beskerm !!