Advokaat Kholeka Gcaleka, is vanmiddag met ‘n groot meerderheid ingestem om as SA se nuwe Openbare Beskermer, of OB, aangestel te word. Sy het 60% van die stemme in die Nasionale Vergadering nodig gehad. 244 LP’s het ten gunste van haar benoeming gestem. Die ad-hoc-komitee het Gcaleka uit agt kandidate vir die pos aanbeveel. Gcaleka neem in die pos as OB waar sedert die skorsing van adv Busisiwe Mkhwebane. Sy sal op 41-jarige ouderdom die jongste OB word. Al wat nog gedoem moet word is dat President Cyril Ramaphosa die aanstelling op aanbeveling van die Nasionale Vergadering doen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×