Minstens 630 mense is dood en honderde is beseer in ‘n aardbewing vroeg vanoggend in Morokko. Al Jazeera berig die stad Marrakesj het die ergste deurgeloop onder skudding met ‘n seismiese meting van 6-komma-8. Die episentrum was sowat 70 kilometer suidwes van Marrakesj. Marrakesj is aan die voet van die Hoë Atlas-berge geleë. Die aardbewing is oor ‘n wye gebied en in verskeie provinsies gevoel. Geboue in die ou gedeelte van Marrakesj, wat ‘n UNESCO-Wêrelderfenisterrein is, het ook meegegee. Die Morokkaanse Departement van Binnelandse Sake het die dodetal bevestig, maar sê daar sal meer sterftes wees omdat talle boeregemeenskappe in die moeilik-begaanbare dele van Ighil woon, waar die aardbewing se middelpunt in die berge was.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×