Meer as 750 verdagtes het hul rieme van einde Mei tot begin Junie in die Vrystaat styf geloop.
Misdadigers hier word gewaarsku dat dit maar net die begin is van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se opgeskerpte optrede in dié provinsie.
Misdrywe waarvoor vermeende misdadigers in hegetenis geneem is sluit in: Poging tot moord, gewapende roof, dwelmhandel, bestuur onder die invloed en verkragting.
Verdagtes is ook vas vir inbraak, aanranding, opsetlike saakbeskadiging en vir die oortreding van die immigrasiewet.
Die polisie het reeds beslag gelê op meer as 40 kilogram koper, ammunisie en dwelms soos dagga, kokaïen, crystal meth, heroïen en Mandrax.