Bloemskou span jaarliks die kroon op die Bloemfonteinse kalender, en vanjaar is beslis geen uitsondering nie. Met vanaand, plus nóg twee dae van pure Bloemskou-lekkerte,
is daar reeds meer as 85 500 skougangers deur die hekke.
Weens Covid-19, moes die skou se hekke in 2021 en 2022 gesluit bly. Met sy terugkeer verlede jaar, kon Bloemskou egter sy 140ste verjaarsdag in styl vier, saam met die meer as 93 700 skougangers wat toe deur die hekke is. Jy het nog tot Saterdag om in die pret en plesier van 2024 se Bloemskou te deel.