Meer as 900 van 2023 se matriekeindeksamen-kandidate sal nie later vandeesweek uitslae ontvang nie.
Die Raad vir Gehalteversekering in onderwys, Umalusi, bestempel die algehele verloop van die eksamen as ‘n sukses.
‘n Ondersoek duur egter voort oor moontlike kullery deur 945 matrieks.
Hierdie leerlinge se uitslae sal weerhou word, wanneer die matriekuitslae Donderdag deur die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, bekend gemaak word.