Meer as 9000 skriftelike voorleggings oor die omstrede Bela-wetgewing moet verwerk word, alvorens die proses om die wetsontwerp te promulgeer kan voortgaan.

Die parlement se regsadviseurs het gister gesê alle voorleggings wat deur die publiek ingedien is, moet vir die finale verwerking en besluitneming, in ag geneem word.

Die opdrag strook met die Grondwet.

Talle opposisiepartye en drukgroepe het reegs aangedui hulle sal tot regstappe oorgaan indien die ANC die beplande wetgewing deur druk.

Ingevolge die voorgestelde wetgewing sal skoolbeheerliggame grootliks van hul magte gestroop word.

Die onderwysdepartement, en nie skoolbeheerliggame nie, sal dan onder meer oor die taal- en toelatingsbeleid van die land se 23 000 openbare skole kan besluit.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×