22 van die 951 verdagtes wat die afgelope sewe dae in die Vrystaat in hegtenis geneem is, staan nou tereg op aanklagte van moord, poging tot moord of verkragting.

Sersant Sinah Mpakane sê luidens ‘n polisieverklaring, is hierdie suksesse te danke aan polisiebeamptes se nougesette toewyding aan Operasie Shanela.

Sekere van die vermeende misdadigers wat hulle rieme nou styf geloop het, is soos volg aangekla:
● 156 vir aanranding met die doel om ernstig te beseer
● 7 vir gewapende roof
● 24 vir huisbraak
● 4 vir motordiefstal, en
● 24 wie vermoedelik onwettige immigrante is

Dwelmmiddels, asook talle onwettige vuurwapens is gekonfiskeer. Alle vuurwapens sal ballisties getoets word, om ‘n moontlike verband te bepaal met sake wat tans ondersoek word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×