Nege uit sestien kandidate in die SA Lugmag wat tans ‘n offisierskursus in Pretoria doen, is verlede week toegelaat om voort te gaan met die kursus nadat hulle nie die voorgeskrewe fiksheidstoets kon slaag nie. RosestadNuus is in besit van die amptelike brief wat deur die Hoof van die Lugmag, Lt. Genl Wiseman Mbambo onderteken is wat die offisierskandidate toestemming gee om die kursus te voltooi en later weer fiksheidstoetse te doen. Weermag-kenners het gesê die besluit is ‘n verlaging in die standaard van opleiding en kan die lewens van ander soldate in gevaar stel.
