Die Zimbabwiese regering sê meer as die helfte van die land het weens die huidige droogte voedselhulp nodig. Zimbabwe staar weens die El Niño-weerverskynsel ‘n erge droogte in die gesig.
Die regering het onlangs ‘n ramptoestand weens ‘n afname in oesproduksie verklaar. Die regering sê 51 persent van die bevolking sal voedselhulp nodig hê. Landelike gebiede sal na verwagting die ergste deur die droogte geraak word.