Meer as een miljard. Dis hoveel mense regoor die wêreld saam met nagenoeg 300 000 toeskouers langs die Seine-rivier, gekyk het na die skouspelagtige openingseremonie van die 33ste Olimpiese Sele. Een eeu het verloop sedert Frankryk gasheer vir die spele was.

10 500 atlete neem aan vanjaar se somerspele deel, en ‘n goue medalje sal reeds teen einde vandag om die nek van 329 atlete blink. Gister se verrigtinge in Parys het aan die voet van die Eiffeltoring ten einde geloop. Dit was die eerste keer dat ‘n Spele-openingseremonie nie in ‘n stadion gehou is nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×