Meer as een miljoen inskrywings word vir die 2023 akademiese jaar in die openbare universiteitsektor verwag.

Dít volgens die minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Innovasie, Blade Nzimande.

Dié sektor het net meer as een-komma-een miljoen plekke voorsien.

Dit is 41 545 plekke meer as verlede jaar.

Nzimande het ook genoem dat diegene wat vir beurse deur die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente goedgekeur is, sal gratis vir die 2023-akademiese jaar kan registreer.

Nzimande, het gesê die hulpskema het hierdie reëling met alle tersiêre instellings getref.

Rosestad 100.6FM-nuus het vroeër berig die hulpskema het verlede jaar die eerste gedeelte van sy geld eers in April vanaf die Nasionale Tesourie ontvang.

Die gesloer met uitbetalings aan het gewelddadige protes-aksies by talle tersiëre instellings tot gevolg gehad.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×