Met die verkiesing wat nou slegs dertig dae náby is, krap meer as ‘n derde van kiesers skynbaar steeds kop oor die plasing van hulle kruisies. Ipsos neem met sy jongste peiling waar, dat ongeveer 35 persent van geregistreerde kiesers nog nie besluit het vir watter politieke party om te stem nie.
Talle wat hiermee worstel, sê daar is geen party waarby hulle ten volle aanklank vind nie. Hierdie onsekerheid, is na aanleiding van die peiling die hoogste in KwaZulu-Natal, met ‘n vyfde van kiesers in KZN wat nog nie besluit het vir wie om te stem nie.