Die Padverkeersbestuurskorporasie, of RTMC, sê meer as ʼn duisend padgebruikers is sedert die begin van die Paasnaweek in hegtenis geneem. Die RTMC sê in ‘n verklaring padgebruikers is in hegtenis geneem vir verskeie oortredings soos vervalste lisensies, dronk- en roekelose bestuur asook voertuie wat met goedere en passasiers oorlaai is.
Meer as 75-duisend voertuie is voorgekeer en 916-duisend verkeersboetes is uitgereik. Volgens die entiteit het hy ook 900 voertuie, meestal in die openbare vervoersektor, geskut omdat hulle sonder permitte gery het. Die RTMC sê onpadwaardige voertuie is ‘n groot bekommernis.