Meer as 500 000 Suid-Afrikaners het die naweek geregistreer vir vanjaar se verkiesing.

Die voorsitter van die Verkiesingskommissie, Mosotho Moepya, sê 34 293 van dié registrasies was aanlyn, terwyl 67 200 mense die OVK se webtuiste besoek het.

Die SAUK berig Moepya sê die naweek se registrasieproses het vlot verloop en 99% van die stemlokale het betyds geopen.

Suid-Afrikaners kan voortgaan om aanlyn of by hul naaste OVK-kantoor te registreer totdat president Cyril Ramaphosa die verkiesingsdatum aankondig.

Die OVK sê hy sal more die volledige registrasie-getalle bekend maak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×