Meer as ‘n halfmiljoen-rand se dagga by polisielid gevind

‘n 33-Jarige polisiekonstabel is Maandag in die Karoo in hegtenis geneem vir die besit van dagga met ‘n geskatte straatwaarde van R570 000.

Netwerk24 berig die konstabel en ‘n 38-jarige man is op die R75 naby Jansenville in die Oos-Kaap betrap terwyl hulle besig was om die dagge te vervoer.

Volgens brig. Tembinkosi Kinana, ‘n polisiewoordvoerder, volg die sukses nadat hulle inligting ontvang het van die vervoer van dwelms en hulle dit opgevolg het.

Die konstabel en sy medebeskuldigde sal na verwagting Woensdag op aanklagte van handel met dagga in die Jansenville landdroshof verskyn.

Intussen dui ‘n voorlopige ondersoek van die polisie dat die konstabel by die Jeppes Reef-grenspos in Mpumalanga gestasioneer is.

Luister na potgooie hieronder