Die polisie in die Vrystaat het meer as 122 onwettige immigrante in hegtenis geneem vir verskeie misdade oor die provinsie heen. Polisiewoordvoerder, sers Peter Kareli, sê die polisie is steeds besig met Operasie Vala Umgodi om onwettige mynbou-bedrywighede in die Lejweleputswa en Fezile Dabi distrikte te stop.
Kareli sê die polisie het die afgelope agt dae verskeie patrollies gedoen waartydens die onwettige immigrante in hegtenis geneem is vir handeldryf met dwelms, onwettige mynbou en die besit van goud-draende materiaal. Kareli sê patrollies gaan voort in dorpe soos Welkom, Thabong, Bothaville, Wesselsbron en Virginia. Die verdagtes sal eersdaags in die hof verskyn waar hulle tans in aanhouding is.