Die minister van finansies, Enoch Godongwana het gister planne aangekondig om nuwe belastingmaatreëls in te stel om in 2024 15-miljard rand in te samel. Godongwana, het tydens sy mediumtermyn-begrotingsraamwerk gesê die regering sal voortgaan met maatreëls om te vergoed vir ‘n daling in inkomste en die toename in uitgawes. Suid-Afrika se belangrikste begrotingstekort het met 54-komma-sewe miljard rand toegeneem. Godongwana het aangekondig dat die regering beplan om jaarliks byna 500-miljard rand oor die volgende drie jaar te leen. Hy het ook opgemerk dat die regering vanjaar besteding met 21-miljard rand gaan besnoei om die begrotingstekorte te takel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×