Meer politieke partye het die naweek aangedui dat hulle dit oorweeg om deel te word van die regering van nasionale eendheid.

Een hiervan is Rise Mzansi.

Dié party het twee setels in die Nasionale Vergadering verkry. Die nasionale leier van die party, Songezo Zibi, het Sondag in ʼn verklaring gesê hulle sal graag aan die gesprek oor die regering van nasionale eenheid en die nasionale dialoog oor die pad vorentoe deelneem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×