Die minister van Polisie, Bheki Cele, het gister vrae aan die Portefeuljekomitee oor Polisie beantwoord oor die voorval waar agt BBP-polisielede lede van die publiek op die N1 in Gauteng aangerand het.
LP’s het gister veral gekonsentreer op waar die adjunkpresident was tydens die voorval.
Cele sê adjunkpresident Paul Mashatile het eers by sy eindbestemming besef dat twee motors van sy motorstoet nie by hom was nie.