Dubbel soveel werkende mense het verlede jaar om lenings aansoek gedoen om te oorleef as in die eerste jaar van die pandemie. Netwerk 24 berig Old Mutual se spaar-en-beleggingsmonitor vir 2023 toon ‘n derde van werkende mense het hulle na persoonlike lenings gewend. Dit is dubbel die 16% van deelnemers aan die jaarlikse peiling wat in 2020 persoonlike lenings gekry het. Vuyokazi Mabude, navorsingshoof van Old Mutual het gesê daar was ‘n sprankie hoop dat verbruikers se geldsake na die pandemie begin herstel, maar die jongste peiling toon die verbeteringe was van korte duur. Die navorsing toon 45% werkende mense in Suid-Afrika is onder beduidende finansiële druk.
