Met meer as 9 000 mense wat sedert 2019 die slagoffers van meervoudige moorde geword het, is Suid-Afrikaners vandeesweek opnuut daaraan herinner dat hulle nie veilig nie.

Dit volgens Rise Mzansi se sekretaris, Makashule Gana, tydens die week se Nasionale Vergadering. Die vergadering volg, volgens Maroela Media, kort nadat sewe mense in Mpumalanga in ʼn massaskietery oorlede is.

Gana meen dat die jongste voorval op ʼn skokkende patroon van toenemende massamoorde in die land dui.

Hy het sy ontsteltenis oor die syfers uitgespreek, en gesê Suid-Afrikaners leef in ʼn land waar die moordsyfers dié van oorloggeteisterde gebiede weerspieël, en in sommige gevalle selfs oortref.

Van die meer as 9 000 voorvalle het slegs 143 sake tot suksesvolle vervolgings gelei.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×