Die meeste fabrieke in Botshabelo het gesluit vanweë die agteruitgang van die gebied. Botshabelo het ook ‘n gebied geword waar misdaad hooggety vier. Volgens DA-raadslid, Lebohang Mohlamme, het die party tydens ‘n oorsig-besoek die Botshablo industriële gebied besoek en die totale verval aanskou. Mohlamme sê die Mangaung Metro munisipaliteit het nie die basiese infrastruktuur soos die paaie en straatligte onderhou nie. Die werkers van die fabrieke wat gesluit het, is nou werkloos. Dit dra by tot die verslegtende ekonomiese toestand in die hele Botshabelo. Indien die metro nie ingryp om die infrastruktuur te red nie, sal nuwe beleggers nie na die gebied gelok word nie. Die leë fabrieke lok misdadigers en is ‘n veiligheidsrisiko vir die inwoners. Die DA vra die polisie om meer sigbaar te wees aangesien voorvalle van aanranding skerp stryg.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×