Ten minste sewe swembaddens in Bloemfontein is nie in ‘n bruikbare toestand nie. Al die swembaddens is flenters, het die waarnemende burgemeester van die Mangaung Metro se waarnemende burgemeester, Gregory Nthatisi, aan Netwerk 24 gesê. Nthatisi het bygevoeg die mense van Bloemfontein het ontspanningsaktiwiteite nodig en dat hy opdrag gegee het dat al die swembaddens herstel word. Die DA-raadslid, Attie Terblanche, het gesê die Heidedal swembad is vir ‘n tweede somerseisoen gesluit, die water is grasgroen, die kleuterswembad het geen water nie en ‘n gevaarlike mangat by die swembad staan oop sonder ‘n deksel. Die ligte is flenters en ‘n stroom water loop dag en nag uit ‘n kraan wat nie toegedraai kan word nie. Die water pompe werk ook nie en water loop uit in die strate. Die toilette is geblok en stukkend. Terblache het gesê kinders gaan nou by die gevaarlike gruisgroef in die Witherowdam swem waar verskeie kinders al verdrink het.