Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering (Salga) sê byna vierduisend plaaslike wyksraadslede het nie matriek nie.
Salga het die parlement ingelig oor hoe hy raadslede ondersteun.
Die vereniging sê die jongste provinsiale en nasionale verkiesing het gelei tot die verlies van ervare leiers in plaaslike regering. Dit is bekommerd dat slegs 36% van huidige raadslede ‘n graad 12-sertifikaat het.
Salga sê ondanks die groot aantal raadslede wat nie matriek het nie, word daar van hulle verwag om ‘n begroting van meer as R500-miljard te administreer.