Minister Mondli Gungubele het bevestig dat meeste van die 235 poskantore wat vanjaar gesluit gaan word, in die Vrystaat en Noordwes geleë is. ‘n Grootskaalse afleggingsproses is onderweg, maar die minister het nie in sy parlementêre antwoord gesê hoeveel werknemers hierdeur geraak word nie.

Volgens BusinessTech was daar voor die Covid-19-pandemie, ongeveer 1 300 poskantoortakke landwyd. Meer as ‘n derde van alle takke is sedertdien gesluit.

Ongeveer 6 000 werknemers, wat 40% van Poskantoorse werkermag verteenwoordig, is reeds weens ‘n gebrek aan finansies afglê. Die posisies van nog 7 000 poskantoorwerkers is nou in die weegskaal, aangesien daar met sakeredding beplan word om een-komma-drie miljard rand aan jaarlikse salarisse te bespaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×