’n Vyfjarige meisie, wat in ’n tronk in Mauritius gebore is, word na Suid-Afrika gerepatrieer.

News24 berig sy is een van 24 kinders wat die afgelope dekade na Suid-Afrika teruggebring is, volgens die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling.

Die departement se woordvoerder, Bathembu Futshane, verduidelik dat ’n afvaardiging beplan om die kind Vrydag na Suid-Afrika terug te bring.

Indien die kind nie na Suid-Afrika gerepatrieer word nie, mag sy in die Mauritiaanse welsynstelsel geplaas word, wat nie in haar beste belang is nie en haar kans op hereniging met haar Suid-Afrikaanse familie kan bemoeilik word.

Die Kinderwet vereis dat die departement Suid-Afrikaanse kinders in nood uit buitelandse lande moet terugbring. Die ouma het ingestem om die kind te versorg totdat die moeder vrygelaat word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×