Staande toejuigings met trane wat van mense in die gehoor se wange af rol.

Dit is hoe die Eunice High School in Bloemfontein se meisieskoor oor die feestyd in Europa ontvang is.

Die koor van 36 het altesaam agt uitvoerings in onderskeidelik Duitsland, Switserland, Oostenryk en Italië gegee.

Netwerk24 berig dit is die koorlede se emosionele uiting en musikaal-kreatiewe passie, wat vleuels aan die fluweelklanke gee.

Koordiregente van ander lande het luidkeels melding gemaak van die koor se passievolle vertolking.

Hierdie emosiebelaaide vertolking word nie dikwels gehoor in Europese koorsang nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×